Recently Added Videos

Jan Blohm Live. Brandewyn is Insane

Jan Blohm live @ The Performer Theatre. Pretoria South Africa. Documented by Neil Sandilands. Produced by Jan Blohm, Salmon de Jager.

Jan Blohm – Ruby

Jan Blohm se liedjie “Ruby”. © Vonk Musiek 2013

http://www.janblohm.co.za

Heuning perform ‘Bietjie Langer Bly

Heuning – Die Nuwe Klank In Afrikaanse Country…
As jy aan Cowboy-hoede en koeie dink wanneer jy die woord Countrymusiek hoor, het ons nuus vir jou! Heuning is die heel eerste Kontemporêre Afrikaanse Countryduo in die wêreld. Jeanette van Staden en Henk Dercksen is gekies uit ? oudisiegroep van meer as 300 sangers wat hul demo’s vir David Gresham Platemaatskappy gestuur het. Die afgelope jaar is daar hard gewerk om die regte liedjies op te neem wat uit verskeie skrywers se penne gekom het. Jeanette het selfs van die liedjies op die album in Afrikaans vertaal. Een van Heuning se Engelse liedjies “Got You On My Mind” was die jaar uit gebring op ‘n kompilasie album, saam met internasionale country sterre, soos: Scotty McCreery, Lauren Alaina, The Band Perry en ander.
Jeanette Van Staden is geen vreemdeling in die musiekbedryf nie. Sy het reeds op die ouderdom van 12 saam met Oom Boet Pretorius by Decibel Records opgeneem. Sy het ‘n totaal van 6 albums uitgebring, insluitend 2 kinderalbums en ‘n country-album. Jeanette staan ook bekend as die Jodel-koninging van Suid-Afrika. Met te veel optredes regoor Suid Afrika om te noem, is Jeanette beslis reg om in 2012 haar stempel op die Afrikaanse musiekmark te druk.
Henk Dercksen is pas klaar met skool en net 19 jaar oud. Hy het onlangs uit Naboomspruit getrek om voltyds aan die Heuning-projek te werk. Sy liefde vir musiek kom al ‘n lang pad, maar sy sangloopbaan moes eers op die kantlyn staan terwyl Henk op Hoërskool sy volle aandag aan Rugby bestee het. Eers later het hy aan ‘n sangkompetisie deel geneem en toe sy liefde vir die verhoog ontdek het

Janiné Grobbelaar – Melk in jou tee

Janiné Grobbelaar is ‘n Suid Afrikaanse sangeres.
Sy matrikuleer aan die Hoërskool Zwartkop, waar haar sangtalent ontluik en haar toekoms vlerke gekry het.
Sy sing al jare, haar sekulêre album “ek en jy” was haar eerste album in die musiekindustrie, maar toe in 2010, het sy haar plekkie in die son gevind met “Melk in jou Tee”- die vrystelling van haar eerste gospel album.
‘n Heerlike toeganklike, maar ook baie persoonlike werk wat ‘n ietsie van alledaagse lewe, seerkry en oorwinning vertel.
Dit is Janiné se debuut-gospel album — sy het reeds ‘n sekul?re album Ek en Jy, uitgereik met ses liedjies uit haar pen.
Janiné het nege van die twaalf liedjies op Melk in jou tee op eie houtjie geskryf.en twee van die liedjies saam met twee ander liedjieskrywers naamlik Hermienke de Kock en Eric McCallaghan.
Haar musiekstyl wissel van ligte rock tot strelende ballades.
Sy het uitstekende musikante wat haar ondersteun op hierdie kwaliteit-album.
Ettiene Lane het vir die verwerkings saam met Janiné gesorg.
Een ding is vir seker — hierdie is ‘n nuwe, opwindende stem in die gospel-musiekbedryf en hopelik sal hierdie talentvolle en veelsydige liedjieskrywer-sangers nog diep spore in ons plaaslike bedryf trap.

CD: Janiné Grobbelaar – Melk in jou tee
Praise
As Die Hemel Val
God Is In Control
Melk In Jou Tee
Min Tyd
U Is Daar Vir My
On The Radio
My Kind
He Grew The Tree
1000 Rose Petals
U Liefde
Elke Nuwe Reënboog

Rooies – Hou jou hanne van my lyf af

Hou jou hanne van my lyf af is die nuutste enkelsnit vanaf Rooies. Vir meer inligting besoek gerus www.rooies.co.za Bemark deur Vonk Musiek en versprei deur Real Music Distribution. Musiek video vervaardig deur VPH (011) 823 1771

Cape Town’s got talent – Dit wassie ekkie

Shaggy – It wasn’t me in Afrikaans… Like a boss

SORINA / FLOOZE – Hoezit My Tjomma (AMPTELIKE MUSIEK VIDEO)

Switch to our mobile site